Radiodramas | Maroela Media

Radiodramas | Maroela Media


Latest Episodes

[Luister] Episode 20: Staal Burger en die kok van Cookhouse
February 19, 2018

Nog een van Staal Burger se vele talente is dat hy ʼn bobaaskok is. Hy het ʼn diploma wat hy in een van die top-sjef-akademies in Switserland verwerf het – destyds, toe Gordon Ramsey een van sy klasmaats was.

[Luister] Episode 19: Staal Burger en die kom-met-die-buste
February 12, 2018

Staal Burger moet twee gomtorre (wat boonop met torre boer) keer dat hulle nie ʼn tussenverkiesing met hulle torre in die wiele kan ry nie.

[Luister] Episode 18: Staal Burger en die clan van Clanwilliam
February 05, 2018

Staal Burger moet Gerrie Nel bystaan teen twee boewe wat die hele rooibosteebedryf in die Clanwilliam-omgewing bedreig. Om die waarheid te sê, ons rooibosteebedryf is dalk op die koffie….

[Luister] Episode 17: Staal Burger en die brak van Brakpan
January 29, 2018

Staal was juis op die punt om die jongste boek oor hondesielkunde te begin lees toe die skype-alarmpie op sy superslim-slimfoon afgaan. Staal Burger se hulp word ingeroep by ʼn hondeskou in Brakpan, waar dinge dreig om lelik skeef te loop.

[Luister] Episode 16: Staal Burger word gekloon
January 22, 2018

Staal Burger se boewe is altyd uiters vindingryk. Daar is mos nou nie ʼn beter manier om Staal Burger te uitoorlê as om ʼn kloon van hom te maak nie.

[Luister] Episode 15 – Staal Burger en die populistiese politici
December 18, 2017

Staal word deur adv. Gerrie Nel genader om twee opportunistiese politici, Oppor en Tinus, te leer hoe stemprosedures behoort te werk as jy jou kiesers om die bos probeer lei.

[Luister] Episode 14 – Staal Burger en die internasionale ruimtestasie
December 11, 2017

Twee boewe neem die internasionale ruimtestasie met ʼn internasionale slenter oor en wil ʼn losprys daarvoor eis. Maar Staal en Gerrie maak toe maar net ʼn internasionale plan....

[Luister] Episode 13 – Staal Burger en die zama zama’s
December 04, 2017

Gerrie Nel roep Staal se hulp in om twee zama zama's in die Wes-Driefonteinmyn te gaan vang.

[Luister] Episode 12 – Staal Burger en die bedwelmende barrista
November 27, 2017

Die twee boewe besluit om die nuwe wetgewing op daggaverbruik uit te buit. Om dit met koffie te meng is egter vir Staal Burger gelykstaande...

[Luister] Episode 11 – Staal Burger en die skoolkonsert
November 20, 2017

Die twee boewe probeer om ʼn skoolkonsert te kaap vir finansiële gewin, maar die skoolhoof ken heel toevallig vir Staal Burger.